Wat om te doen
Fotos
Kamers
Selfsorg
Pryse
Aanwysings
Beskikbaar
Kontak
Links
Taalkeuse
Op 500m van die R62 (Voortrekkerweg), bekender onder die naam "Tuin Roete", vind u ons unieke huis in Spaanse styl in die ruimste buurt van Oudtshoorn. Ons gesellig familie gastehuis is net 10 minuten wandel van die dorp se sentrum met al die fyne eethuise, kroege, soewenier verkopings en groot winkels.

Miranda Mattijs en Bart Tweelinckx sal u persoonlik groet en maak dat u 'n lekker vakansie gevoel kry en sal u laat geniet van u onvergeetlike reis deur Suid Afrika.

Kinders en ouers sal lekker geniet van die groot eksotiese tuin, die groot swembad en die rustige omgewing. 'n Boomhuis, trampolien, 2 sandbakke en baie speeltuie sorg daarvoor dat almal kan ontspan tussen al die spogplekke in Oudtshoorn.

Ontspan onder die grootste peperboom van Zuid Afrika, gebruik een van die verskillende terasse of braai 'n lekker volstruis-steak of boerewors op 'n warm someraand in die Klein Karoo.

Ons volledig ontbyt gee ons self in die ontbytkamer of op die son-terras voor aan die huis.

Daar is gratis draadloos internet vir ons gaste.

Al ons kamers is voorsien van die volgendes: eie ingang, TV(52cm), wekker radio, haardroer, skeerstopkontak, verwarming en 'n dakwaaier.
Verder het al die kamers gevulde minibar, gratis koffie en tee, badjasse( behalwe die selfsorg-eenhede ) , swembad handdoeke, sjampoo, seep en badkamer handdoeke.

De selfsorg-eenhede het alles wat nodig is vir daaglikse behoeftes ( yskast met vriesvak, kettel, broodrooster, mikrogolf oond, elektriese kookplek, ... )

Die naam "one--one" was vir ons 'n maklike keuse; ons het albei as kinders in ons ouerhuise (Miranda in Schiedam in Nederland en Bart in Kontich in België) gebly met nommer 101. Van die één huis se deur na die ander huis se deur is 101km !
Ons het nog nooit die lotery gewen nie, ma die erste nommers wat ons gespeel het was
: 2, 10, 11, 12, 27 en 39... saam is dit ... 101 !

Ons het
3 familie kamers, 2 dubbel kamers, 1 luukse kamer en 1 eenpersoons kamer.
Twee familie kamers is nuwe selfsorg-eenhede.

 


161 Jan van Riebeeckweg
 Oudtshoorn 6625   -  Zuid Afrika
tel : +27 (0)44-2728723    fax : +27 (0)44-2723962
info@one-o-one.info              www.one-o-one.info